Bruid: Jeanette Maree
Bruidegom: Theo Maree
Liefdesverhaal: Ek en Theo het mekaar in 2018 op universiteit ontmoet. Vandat ek hom die eerste keer raakgeloop het, het ek gedink hy is DIE mooiste man wat ek in my HELE lewe al teegekom het – ek en my koshuis kamermaat het vir dae daarna nog lugkastele gebou oor dié vlugtige ontmoeting. ‘n Jaar het verby gegaan voordat ons uiteindelik meer as twee woorde met mekaar gepraat het en besluit het dit is tyd vir ‘n koffie. Hy was presies wat ek in my lewe nodig gehad het (al het ek dit nie toe besef nie) en ek in syne. Weens omstandighede moes ons vir so 3 jaar vasbyt met ‘n langafstand verhouding, maar is uiteindelik na 5 jaar getroud. Ons verlowing in Swakopmund, Namibië was werklik spesiaal. Ek sal vir ewig dankbaar wees vir God se hand en tydsberekening in ons ontmoeting, verhouding en nou huwelik…
Spesiale oomblik van troudag: Die oomblik toe die kerkdeure oopgaan en my en Theo se oë ontmoet, het dit gevoel of alles gaan stil staan. Daardie oomblik en emosie is iets wat ek vir ewig sal koester.
My bykomstighede was dieselfde pêrel oorbelle en halssnoer wat my ma op haar troudag gedra het en ek en my pa gedans op dieselde liedjie waarop hy en my ma die dansvloer op hulle troue geopen het.
Onthaalplek: Tshikwalo Game Lodge
Dorp/Stad: Hammanskraal, Pretoria
Beskryf die troue in drie woorde: Asemrowend, Prettig, Geseëd
Troudatum: 04/11/2023
Fotograaf: Melissa Meyer Photography