Bruid: Jenna Reiter
Bruidegom: Luan Reiter
Liefdesverhaal: ‘n Liefde vasgevang op film
Ons liefdesverhaal het op die mees onverwagste plek begin terwyl ons saam begin werk het. Min het ek geweet dat die man agter die lens binnekort die fokus van my hart sou word.
Ons het saam gewerk aan’n projek wat in die hartjie van die natuur afspeel,’n Afrika-safari wat asemrowende uitsigte en onvergeetlike ervarings beloof het. Soos ons die natuur se skoonheid aangedurf het, het iets anders tussen ons begin blom.
Sy lag het my dae verlig, en sy glimlag het selfs die mees uitdagende opnames moeiteloos laat voel.
Met die eerste oogopslag het ek geweet sy is die een vir my en ek weet vandag dat ek die beste lewensmaat getrou het, saam met wie ek my lewenspad wil deel.
Spesiale oomblik van troudag: Luan “Een van my mees spesiale oomblike is virseker toe Jenna instap by die kerk dit is iets wat mens net een keer in jou lewe beleef en vir niemand dai gevoel kan beskryf nie.
Jenna “When my husband sang to me in the church was a special memory that I’ll always treasure.
It was a moment that encapsulated everything our wedding day was meant to be, a celebration of love on Valentines day.”
Onthaalplek: Brahman hills
Dorp/Stad: KZN Midlands
Beskryf die troue in drie woorde: Liefde, Geseënd, Valentine
Troudatum: 14/02/2024
Fotograaf: Jané Ulla