Jo-Nel van der Merwe



Bruid: Jo-Nel van der Merwe



Bruidegom: Lumart van der Merwe



Liefdesverhaal: Als het begin in 2015 toe Lumart grappendergewys vir ouboet John begin terg het oor “sy mooi sussie.”Kort voor lank het die tergery realiteit geword. Die jare wat volg was meestal langafstand. Een ding is seker, afstand kon nie ons enorme liefde aan mekaar stop nie. Uiteindelik het Lumart op een knie gesak. Die antwoord was maklik: “n duisend maal JA!’ Ons besluit toe op ‘n datum en kies Lumart se verjaarsdag – 23/09/23. “Vir ‘n groter geskenk as om jou my vrou’tjie te maak, kan geen man vra nie” ~ Lumart. Albei van ons is oor een ding seker – Ons glo dat God ons vir mekaar bestem het. Ons speel en lag, ons droom, ons bid – vir ons is dit net “Ons”. “Ons” is meer as ‘n verhouding. Ons is beste vriende en mekaar se grootste ondersteuners, die liefde is net die kersie op ons troukoek!



Spesiale oomblik van troudag: My troudag was propvol kosbare oomblikke en lewenslange herinneringe, maar die spesiaalste is maklik – Die kyk in Lumart se oë toe hy my die eerste maal aan my pa se arm, die paadjie sien afstap. Die trane in sy oë het sy liefde aan my verklaar sonder dat ‘n enkele woord gespreek was. Ek kon sy passie en opgewondenheid lees vir ons toekoms saam as egpaar. Ons “Viraltyd”-reis het uiteindelik begin!



Onthaalplek: D’Wingerdskuur



Dorp/Stad: Upington



Beskryf die troue in drie woorde: Liefde, Vreugdes, Geliefdes



Troudatum: 23/09/2023



Fotograaf: Epic Motion



Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media