Joané van Eck



Bruid: Joané van Eck



Bruidegom: Marius van Eck



Liefdesverhaal: Liefde met die eerste oogopslag! Ek het my man in sy huis ontmoet deur ‘n gemeenskaplike vriend. ‘n Paar maande later ontvang ek ‘n boodskap om te vra vir ‘n eerste afspraak. Ek het nie twee keer gedink om ‘ja’ te sê nie, en ons het een hele dag saam spandeer.

Minder as 2 jaar later het ons verloof geraak net buitekant Gordonsbaai op die rotse oppad Hermanus toe. Ons sprokiesverhaal het net mooier en mooier geword.

Weer net minder as 2 jaar later het ons sprokiestroue plaasgevind op ‘n plaas net buitekant Stellenbosch. Die mees geseënde dag waarvoor enige paartjie kon vra.

Ek weet die Here het ons oor mekaar se paaie gebring, op die regte plek,
op die regte tyd. Dankbaarheid is definitief ‘n onderskatting!



Spesiale oomblik van troudag: ‘n Wit perd waarop ek as bruid ingekom het, ‘n baba vleuel klavier waarop ons troulied gespeel is en sagte druppeltjies reën waarmee ons troudag geseën is.

Nadat ons fotos geneem is, het ons ingestap en die dansvloer geopen met ʼn gekoriografeerde wals, wat al ons gaste se monde laat oophang het.

Ons ‘Happily Ever After’ troudag was sowaar ‘n sprokiesdag!



Onthaalplek: De Ouwe Klok



Dorp/Stad: Stellenbosch



Beskryf die troue in drie woorde: Liefde, Seën, Voorspoed



Troudatum: 04/03/2023



Fotograaf: Idolife Photography



Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media