Bruid: Johanné Fourie
Bruidegom: Adrian Snyman
Liefdesverhaal: Ons liefde het nie begin vlam vat as gevolg van die spreekwoordelike “liefde met eerste oogopslag” nie, maar toe dit wel vlam vat, kon niemand ons liefdesvlam blus nie.
Ons het mekaar reeds in 2014 ontmoet deur ‘n gemeenskaplike vriend van ons ouers. Hierdie persoon het gedink ons sal ‘n mooi paartjie maak.
Ons albei was nog op skool gedurende hierdie tyd en ons liefde het baie struikelblokke oorkom toe Adrian alleen na Potchefstroom verhuis na skool om te gaan studeer. Na ‘n paar lang jare het ek ook na Potchefstroom verhuis toe Adrian weer Pretoria toe moet verhuis vir ‘n werksgeleentheid.
Vandag is ons liefdesvlam meer helder as ooit as gevolg van die afstand wat so gereeld tussen ons was. Ons is nou in ons eie huisie in Klerksdorp waar ons altwee woon en werk.
Gelukkig en getroud!
Spesiale oomblik van troudag: Daar was nie “‘n” spesiale oomblik wat ons kan vasgryp en oorvertel van ons troudag nie. Die hele dag was ‘n dag gevul met samesyn en liefde, siende dat my pa slegs 9 maande voorheen op die einste Manzini Plesier Plaas oorlede is aan ‘n hartaanval terwyl ons die onthaalplek gaan besigtig het, omdat ons daar wou trou. Nog ‘n groot oomblik was natuurlik toe die bokke die semi-final van die WRB wen!!
Onthaalplek: Manzini Plesier Plaas
Dorp/Stad: Potchefstroom
Beskryf die troue in drie woorde: Onvergeetlik, Spesiaal, Hartsmense
Troudatum: 21/10/2023
Fotograaf: DKE Productions