Bruid: Jozaan du Preez
Bruidegom: Stephan du Preez
Liefdesverhaal: Ek en Steph het regtig ‘n besonderse storie. Ons het ontmoet toe ek 16 was en hy was 19. Ons het al die jare van mekaar geweet maar nooit gekys of enige iets nie. Die lewe het sy eie draaitjies met ons geloop, en ons het ons lewens apart aangepak. Salig onbewus dat ons paadjies eintlik bymekaar gaan eindig. Ek sê mos altyd, wat vir jou bedoel is sal jou nooit verbygaan nie. In Februarie 2020 het Steph my op ons eerste “date” gevra. Tussen deur al die lag en Haloumi eet, het hy vertel dat hy beplan om Engeland toe te emigreer in Augustus. Covid het dit nie toegelaat nie en Steph het in SA gebly. Ons liefde het net elke dag gegroei. Hy is die son vir my. Ons is so lief vir mekaar en vul mekaar werklik perfek aan. Ons dogtertjie word in Desember gebore en ons lewens is volmaak xxx
Spesiale oomblik van troudag: – Ons het ‘n first touch buite die trein
– Ons vows!!! Wow
– Ons trousoen wat anders was as al die ander soene
– My pa se oë toe hy my die eerste keer sien
– Ons gaste wat hulle gate uit geniet het
– Ons eerste dans, wat nie ‘n flop was nie 😉
– Hoe ons konstant gelag het met ons fotosessie
– Die onthaal was alles. Ek wil sommer weer trou.
Onthaalplek: Smitsfield
Dorp/Stad: Ermelo
Beskryf die troue in drie woorde: Ongelooflik, Lief, Geseënd
Troudatum: 23/09/2023
Fotograaf: Gutsche photography