Kara Engelbrecht



Bruid: Kara Engelbrecht



Bruidegom: Adriaan Engelbrecht



Liefdesverhaal: Dis ‘n liefdesverhaal wat al 17 jaar gelede begin het. Kara en Adriaan was klasmaats en koshuisbrakke vanaf graad 4 tot graad 7. Hulle paaie het geskei; maar hul liefde vir die natuur het hulle weer bymekaar gebring in 2015. So het die sprokie begin en het hulle diep spore getrap in Matieland tussen die akkebome. 29 Oktober 2023, Word Kara met die mooiste ring verras in die koringlande van Moorreesburg. In Kara se brief aan Adriaan skryf sy “mag die son op die horison altyd oor ons skyn en op bewolkte dae, mag ons mekaar se sonskyn wees.” Hul beloof aan mekaar om die reis saam te geniet en God altyd die middelpunt van hul verhouding te maak. Hulle is nou ‘n span en kon nie vir beter spanmaats vra nie. Dit is nie die einde nie, maar eerder die begin van Mnr en Me Engelbrecht se lewe saam.



Spesiale oomblik van troudag: Op 9 Desember 2023 het ons wakker geword met die klank van reën wat op die dakplate knetter – ja, jy hoor reg, reën in die Karoo in Desember! Teen 11:00 het die reën opgehou, die wolke het plek gemaak vir die son, en dit het ‘n pragtige sonskyndag geword. Ons beskou hierdie reën as ‘n teken van seën. Niks het volgens plan verloop nie, maar alles was PERFEK.



Onthaalplek: La Plume



Dorp/Stad: Oudtshoorn



Beskryf die troue in drie woorde: PERFEK, Karoo, Uniek



Troudatum: 09/12/2023



Fotograaf: Matthew Carr Photography



Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media