


Bruid: Kayla Braude
Bruidegom: Ross Braude
Liefdesverhaal: Vandat ek ‘n klein dogtertjie was het ek altyd gese ek wil trou en ‘n Mamma word. Ek het lank op my kniee spandeer en het toe vir Ross deur my broer ontmoet in 2019. Min wetende dat hy my man gaan word. Na 2 jaar se vriendskap het hy my einde 2021 gevra om sy meisie te wees.
Ons het vir ‘n tyd ‘n langafstand verhouding gehad voor ek saam met hom vir ‘n jaar Kanada toe gegaan het om sy rugby loopbaan verder in die Amerikaanse liga aan te pak. Dit was ‘n wonderlike geleentheid om mekaar ordentlik te leer ken. Terug in Suid-Afrika in Julie 2023 het ons onder die oudste kameeldoring boom op my ouers se plaas verloof geraak en so kon die trou reelings begin. Alles waarvoor ek gebid het was besig om waar te word.
Spesiale oomblik van troudag: Ons troufees is afgeskop deur my Pa wat die shofar geblaas het. Ons was omring deur God en mense wat ons liefhet. Ons fokuspunt vir ons groot dag was God en Sy onbeskryflike groot liefde. Die kleurvolle blomme was ‘n fees vir die oog en ons het elke oomblik saam vriende en familie gekoester en sal dit vir altyd as ‘n baie spesiale dag in ons harte bere.
Onthaalplek: Wederom Wedding Venue & Guest Farm
Dorp/Stad: Robertson
Beskryf die troue in drie woorde: Kleurvol, Feestelik, Intiem
Troudatum: 24/02/2024
Fotograaf: Elana van Zyl