


Bruid: Kayla O’Toole
Bruidegom: Michael O’Toole
Liefdesverhaal: Ek dink nie daar is ‘n beter woord as hardkoppigheid nie. Dit beskryf ons ontmoeting so perfek. Ons albei is seer deur die verlede se gebeurtenisse, maar het nooit gedink dat God so ‘n perfekte plan gehad het vir ‘n lewensmaat nie. Ons het mekaar probeer ontmoet na Covid deur my suster en haar kêrel, maar het daar elke keer iets voorgeval. Ons het wel klaar ons gedagtes op gemaak oor mekaar en besluit dat dit nie sal werk nie. Na ‘n baie lang tydperk het ons die kans gegee om mekaar by ‘n klein Italianse plekkie vir die eerste keer te ontmoet vir koffie en te kyk of ons die verhouding wou begin en of ons dit sal los. Dis beter om eerlik te wees oor hoe jy voel in die begin as wat jy jou eie tyd mors. Ek het geweet op ons eerste oogkontak met mekaar dat ons vir mekaar bedoel was. God knew!
Spesiale oomblik van troudag: Warm, bedompige donderweer dag in die middel van die sommer beskryf ek steeds my trouedag as ‘n perfekte dag. Troue is gereël deur net n kort serimonie te hê met n lekker middagete. Almal se hare en grimering was reg vir die eerste uur van die troue daarna het niemand meer om gegee oor hoe hulle lyk nie. Ons was almal net onsself en die eenvoud is wat die perfek gemaak het. Wat meer soek ‘n mens.
Onthaalplek: Zevenwacht Wine Estate
Dorp/Stad: Kuilsrivier
Beskryf die troue in drie woorde: Warm, Spontaan, Vreugdevol
Troudatum: 03/02/2024
Fotograaf: Ruberns Fotograaf