Bruid: Kristine Schalekamp
Bruidegom: Jean Grobler
Liefdesverhaal: Ons het albei chemiese ingenieurswese aan die US studeer, maar dit was eers by die ingenieursbal in ons finale jaar dat Jean besluit het: “vanaand gaan ek met daardie meisie dans”. Die volgende aand, 27 April 2018, het ons op ons eerste afspraak gegaan. Die datum het vir ons besondere betekenis en ons het 2 jaar later die verhouding op 27 April amptelik gemaak, presies 2 jaar later verloof geraak en uiteindelik op 27 April 2023 getrou. Hoewel ons albei enigste kinders van enkelma’s is, het ons albei hegte familiebande. Ons het ‘n diverse groep vriende vir wie ons graag kos maak (baie lekker kos, te danke aan Masterchef wat ek gedurende COVID slaafs gevolg het ☺), terwyl almal saam kuier. Ons woon op die oomblik saam met ons 2 skaaphondkinders en reis graag, wanneer ons tyd en geld het!
Spesiale oomblik van troudag: Die 2 dae se feesvieringe het een groot spesiale oomblik gevorm. Die 60 gaste het vir 2 nagte op Elandskloof geslaap. Die aand voor die troue het ons ‘n langtafel gedek en almal kon mekaar leer ken. Ons troudag het reënerig aangebreek, maar net voor die buitelugseremonie, het dit opgeklaar. Dit het gevoel asof ‘n seën oor ons uitgespreek is. Ons het partytjie gehou tot 4h die volgende oggend.
Onthaalplek: Elandskloof Farm Cottages
Dorp/Stad: Helderstroom
Beskryf die troue in drie woorde: Intiem, Knus, Jolig
Troudatum: 27/04/2023
Fotograaf: Ty&Eri