Krizaan du Plessis




Bruid: Krizaan du Plessis



Bruidegom: Renzo du Plessis



Liefdesverhaal: Ons is sosiale media sweethearts. Hy het my in lockdown gemessage op Instagram en ons liefde het dadelik begin blom deur om ure elke aand te Facetime en ons lewens met mekaar te deel. Na lockdown en reisbeperkings het ons mekaar vir die eerste keer ontmoet en nooit weer terug gekyk nie. In tussen het Renzo Durban toe getrek vir werk en ons verhouding was getoets maar die Here het groter planne gehad. Elke aand se gebedsake en wete dat die Here vir ons deure oopmaak om by mekaar te wees het ons deur die moeilike tye gedra. Na amper 2 jaar het Renzo n werksgeleentheid in Johannesburg gekry, die Here het nie lank na dit vir ons altwee gewys dat trou Hom verheelik en hoekom moet ons wag. Hy het finasiele deure vir ons oop gemaak en nou lewe ons in een van ons gebede.



Spesiale oomblik van troudag: Die spesialste oomblik was toe ons “We Crown You” gesing het net voor die pastoor ons getrou het. Dit was vir ons n regte simboliek van vir wie die dag rerig is en wie elke oomblik moontlik gemaak het. Die oomblik toe ons man en vrou verkondig was, was beide se glimlag breed van geluk en opwinding vir die toekoms alles vir Sy glorie.



Onthaalplek: Cipresso



Dorp/Stad: Pretoria



Beskryf die troue in drie woorde: Geseend, Onvergeetlik, Vreugdevol



Troudatum: 03/02/2024



Fotograaf: Kyla Diamond Photography


Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media