Bruid: Lehandri de Necker
Bruidegom: Jaco de Necker
Liefdesverhaal: Dit het begin met toevallige-aspris raaklopies en geselsies by die werk, tot die uiteindelike “Hi” op Facebook, wat toe die bal aan die rol gesit het. Hy was oortuig dat dit sy trouvrou is, maar sy het bietjie meer terug gehou. Twee jaar later, terwyl ons volgens almal “steeds net vriende was” en die ring al ‘n gat in sy sak gebrand het vir die laaste 8 maande, het ons verloof geraak en die mooiste avontuur het begin. ‘n Paar maande later het ons die grootste belofte aan mekaar voor vriende, familie en die Here gemaak.
Spesiale oomblik van troudag: Daar word gese dat ‘n bruid nie altyd op tyd is nie, maar in ons geval was dit die Dominee wat laat was. Dit het die seremonie redelik stressvol en gejaagd laat begin, maar die oomblik toe hy my sien in die gang af stap en ek sy hand vat toe ek by die kansel kom, was dit alles iets van die verlede. In daardie oomblik was dit net ons en niks anders het saak gemaak nie.
Onthaalplek: Amanzi Private Game Reserve
Dorp/Stad: Brandfort
Beskryf die troue in drie woorde: Geseend, Liefdes-fees, Asemrowend
Troudatum: 17/06/2023
Fotograaf: Go Urban