Leoni de Bruin



Bruid: Leoni de Bruin



Bruidegom: Tertius de Bruin



Liefdesverhaal: Snaakse storie: In November 2022 het ons albei op Hinge beland. Tertius het ‘n kommentaar op my foto gelos, en ek het gaan kyk wie hierdie oulike jong man is. Ek het gedink, hoekom nie ‘n kans waag op hierdie ou nie? Hy het vinnig laat weet dat hy nie daarvan hou om elektronies te gesels nie en eerder in persoon wou ontmoet. Soos ‘n ware gentleman het hy aangebied om na my toe te ry vir ons eerste date. Toe ek by die restaurant aankom, het ek hom eers nie sonder sy bril herken nie—ons lag nog steeds daaroor! ‘n Week later het hy my na ‘n Matthew Mole-konsert genooi, en die res is geskiedenis. Ons het binne twee weke mekaar se families ontmoet en was tien maande later verloof. Ek het uiteindelik my sielsgenoot en lewensmaat gevind.



Spesiale oomblik van troudag: Eerstens, om as bruid en bruidegom voor ons hemelse Vader te kom en ‘n ewige verbond te sluit, was vir ons spesiaal. En natuurlik, ons eerste dans was ‘n hoogtepunt. Ons deel ‘n diep passie vir ballroom- en Latynse dans, en om ons eie trou-dans saam te choreografeer en met ons geliefdes te deel, was onvergeetlik.



Onthaalplek: Christus Gemeinde Kirchdorf



Dorp/Stad: Wartburg, KwaZulu Natal



Beskryf die troue in drie woorde: Sprokiesagtig, Intiem, Geestelik



Troudatum: 17/02/2024




Fotograaf: JankaG Photography


Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media