Liezl Nel



Bruid: Liezl Nel



Bruidegom: Stephan Nel



Liefdesverhaal: Ons het ontmoet op n konstruksie bouterein. Stephan was n klient van my (n moeilike klient bygesê) Na omtrent 2 jaar het ons n geestes vriendskap gevorm. n Spesiale tydperk waar ons mekaar werklik leer ken het as baie goeie vriende. Van daar het ons vriendskap ontwikkel in n liefdesverhouding. Ons albei is baie lief vir sport en het verskeie sport byeenkomste saam aangepak. Stephan het die vol Iron Man gedoen en my bloot gestel aan fietsry (wat ek eers gehaat het). Na baie myle, het ons besluit om saam die Transbaviaans fietsry byeenkoms aan te pak. 230km vanaf Willowmore na Jeffreys-baai in 24 ure. Daar word gesê as n paartjie hierdie byeenkoms kan saam doen, en steeds op die eindstreep nog lief is vir mekaar, kan hulle maar trou! En so was die pad verder oop tot ons troudag!



Spesiale oomblik van troudag: Daar is n gesedge, “as dit reën op jou troudag, sal jou huwelik geseënd wees!” Elke paartjie hoop vir n perfekte dag. Ons dag was perfek! Sonnig, warm en feestelik! Na al die lekker feesvieringe, en meeste gaste huistoe is, het dit begin reën! Ons het opgekyk na die maan, en besef, dit is vol maan! Ook bekend as n seëning op n troudag. n Dubbel seëning op ons spesiale dag, baie spesiaal!



Onthaalplek: Swartvlei Gasteplaas



Dorp/Stad: Sedgefield



Beskryf die troue in drie woorde: Romanties, Intiem, Feestelik



Troudatum: 24/02/2024



Fotograaf: Rue Kruger Photography



Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media