Lisa Steven



Bruid: Lisa Steven



Bruidegom: James Steven



Liefdesverhaal: Of dit nou onverwags of algemeen is in vandag se aanlyn-wêreld, het ons steeds nie gedink dat ons die liefde van ons lewe op ‘n aanlyn “dating app” sou ontmoet nie, maar die Here se planne is soms ‘n misterie. Na die eerste ontmoeting het ons nie gras onder ons voete laat groei nie. James het Lisa se hart gewen met ‘n tuigemaakte Poké bowl op hul tweede ontmoeting.
Ons liefde vir die natuur en aktiwiteit het dit so maklik gemaak om baie intensionele tyd saam te spandeer en het ons sommer vinnig-vinnig smoorverlief geraak. Ons liefde het so mooi gegroei met God as die middelpunt van ons verhouding.
Op die kruin van Stellenboschberg, het ons aan mekaar beloof om die lewe saam aan te pak as verloofdes. ‘n Paar maande van beplanning en opwinding het toe gelei tot ons sprokiestroue.



Spesiale oomblik van troudag: Hy: Ek het my bruid onder haar sluier sien afstap in die paadjie. Met trane wat vlak lê, kry ek nie net ‘n handskud van my skoonpa af nie, maar sommer ‘n omhelsing. Hier staan ek toe uiteindelik met my Lisa voor die altaar.
Sy: Ek het met trane in my oë gestap aan die sy van my pa en toe ek my James sien van oor tot oor geglimlag. Dit was werklik die oomblik waaroor ek my hele lewe gedroom het.



Onthaalplek: Andante Country Weddings & Events



Dorp/Stad: Port Elizabeth



Beskryf die troue in drie woorde: Asemrowend, Geseënd, Onvergeetlik



Troudatum: 30/11/2023



Fotograaf: Nkay Productions



Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media