Bruid: Lizanne Maritz
Bruidegom: Stefan Maritz
Liefdesverhaal: Covid-19 se lockdown het darem nie nét slegte dinge ingehou nie. Tenspyte van dieselfde rigting swot en baie vriende in gemeen het, het ons wraggies in ‘n tyd ontmoet wat mens nie sal dink moontlik om nuwe mense te ontmoet nie. Ons het op die plaas Motlope naby Groot Marico ontmoet toe dit Stefan se 21 ste lockdown braai was. Ons het skelm agterpaaie gery om by die plaas uit te kon kom. Daar het ek my man die eerste keer ontmoet.
Ek het genoem dat ek vir hom sal notas stuur vir vakke wat ons dalk saam gaan hê ( wetend ek het nie eers notas nie). So ruil ons nommers en begin mekaar af en toe ontmoet vir ‘n “vinnige hello” hier en daar. Toe ons weer sien toe is ons onafskeidbaar met 2 katte en ‘n hond.
Spesiale oomblik van troudag: Daar was ‘n paar goeie oomblikke, dit was vuurwarm die dag self, 40 grade is nie speletjies nie, en eweskielik terwyl ons foto’s neem hoor ons donderweer en met ons eerste dans toe begin dit reën. My ouma het altyd gesê dat reën bring goeie geluk op jou troudag.
Ons het na die kerkseremonie ‘n sjampanje toring gehad en toe ek ‘n glasie optel om te drink toe val die hele ding inmekaar! OPA!
Onthaalplek: Tshikwalo game lodge
Dorp/Stad: Hammanskraal
Beskryf die troue in drie woorde: MAL, WARM, WONDERLIK
Troudatum: 17/02/2024
Fotograaf: The tiemensmas