Lizanni Roodman



Bruid: Lizanni Roodman



Bruidegom: Jeán Roodman



Liefdesverhaal: As 4 en 9 jarige bure in die Paarl het die ontmoeting tussen Jeán en Lizanni begin. Lizanni was vasoortuig dat sy eendag met Jeán gaan trou en het dit omtrent elke aand aan haar ma duidelik gemaak. Nadat die Roodmans verhuis het na Jeffreysbaai was daar geen kontak vir 19 jaar nie. Dit was wel nogsteeds in die kaarte vir Jeán & Lizanni om weer te ontmoet. ‘n Familievriend het vir Jeán herinner aan Lizanni en het gesê dit is die perfekte meisie vir hom. In dieselfde tydperk het Lizanni se ma uitgevind Jeán se pa is oorlede en so het ou bande tussen die twee ma’s weer gevorm. Die ma’s het besluit om vir Jeán en Lizanni weer aan mekaar voor te stel. 7 Jaar later na vele kuiers, troues en uitdagings is ons gelukkig getroud en opgewonde om die nuwe hoofstukke van ons storie saam te skryf.



Spesiale oomblik van troudag: Familie & vriende beteken vir ons ongelooflik baie. Ons het ‘n voorstel gekry om êrens deur die loop van die dag stil te staan en net alles in te neem. Hierdie oomblik het homself geskep toe ons terug gestap het na die onthaal toe. Dit het begin donker raak, die venue was opgehelder met kerse en die vrolike klanke van ons gaste se samesyn het ons omvou. Ons het opnuut besef hoe geseënd ons is.



Onthaalplek: The Rose Barn



Dorp/Stad: Jeffreysbaai



Beskryf die troue in drie woorde: Feestelik,, Elegant,, Perfek!



Troudatum: 29/04/2023



Fotograaf: The Knoxs



Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media