Bruidegom: Stefan Bruwer
Bruid: Lomé Bruwer
Liefdesverhaal: Liefde met die eerste oogopslag! Op ‘n reënerige somersaand, in 2020 het my skoolvriendin my genooi om saam te kuier op ons tuisdorp. Met die intrapslag het die boer met sy kakiebroek en vellies, my voete onder my uitgeslaan. Ek ontmoet toe ook sy ouers. Die aand is in ‘n oogwink verby en dit was tyd om huiswaarts te keer. Om die hongerpyne te stil, het ons besluit op McDonalds. Ek het in my motor geklim en die volgende oomblik gaan die passasiersdeur oop en raai wie klim in, die boer. Met skok vra ek, “Wat doen jy?”. Met ‘n breë glimlag sê hy, “Dit is nie veilig vir ‘n mooie dame om so laat alleen te ry nie.” Hy het verseker nie op hom laat wag nie en ook sy nommer op my selfoon gestoor. Sondagoggend halfses, oor koffie en beskuit ontmoet hy my ouers. So het ons ‘Ewig & Altyd’ saam begin!
Spesiale oomblik van troudag: Elke oomblik van ons BruwerBruilof was perfek en uniek, gevul met liefde en samesyn van ons familie en vriende wat vir ons kosbaar is! Ons predikant se besonderse huweliksboodskap aan ons, die 3 R’e – Romanse, Respek & Reëls, pas ons elke dag toe, vir Ewig & Altyd!
Onthaalplek: Florence Guest Farm and Wedding Venue
Dorp/Stad: Chrissiesmeer
Beskryf die troue in drie woorde: Asemrowend, Intiem, Sprokiesagtig
Troudatum: 11/11/2023
Fotograaf: Arline Photography and Video Productions