Bruid: Louisa di Falco (Greeff)
Bruidegom: Roberto di Falco
Liefdesverhaal: My eerste posisie as ‘n pas gekwalifiseerde chef was by ‘n luukse lodge in die Sabi Sands natuurpark. Roberto het sy eie IT/netwerk besigheid en die lodge was een van sy kliente. Ons het daar ontmoet en was dadelik vriende. Ek wou eers my loopbaan begin so ons het net vriende gebly en mekaar net vir drankies in JHB gesien. Na jare en al my oorsee werk, nuwe liefde en nuwe werk in die Kaap, het ek Kaap to verhuis. Hy het ook toe al ‘n hele ruk in die Kaap gebly. Ons het mekaar ‘n paar gesien as vriende. Hy het my in April 2015 gekontak om te vra hoe dit gaan. Ek het laat weet dat ek en my vorige kerel uit is en ons het weer gegaan vir drankies. Ons was van toe af 8 jaar in ‘n verhouding voor hy my in Junie 2023 die hand gevra het in Acireale, Sicily in Italie.
Spesiale oomblik van troudag: Hoe kalm ek was, ek het op ‘n wolkie gesweef. Sy gesig en die liefde in sy oë toe hy my sien.
Ons katte kinders wat ek uit karton geknip het om ons dag saam met ons te deel.
Die kos was heerlik. Om ons goeie vriende uit die Kaap daar te gehad het!
Ons trekker rit na die venue!
Onthaalplek: Shed & Silo
Dorp/Stad: Benoni, Johannesburg
Beskryf die troue in drie woorde: Fees, Lekker, Liefde
Troudatum: 17/02/2024
Fotograaf: Snippets Photography & Design