Lunette Uys




Bruid: Lunette Uys



Bruidegom: Righ Potgieter



Liefdesverhaal: In Januarie 2022 trek ek van Oesterbaai af Secunda toe om met my nuwe werk in Secunda te begin. Ek sluit toe aan by die skool waar ek steeds as grondslagfase Juffrou werk. Min het ek geweet dat die groot trek toe eintlik was om nie net my passie na te jaag nie, maar ook om toe my man te ontmoet wat by dieselfde skool as ek werk. Ons het mekaar dadelik raak gesien, maar niks optrent die saak gedoen nie. Ons het melaar maar op so effense afstand gehou. In April 2023 besluit Righ toe om uiteindelik ‘n “move” te maak nadat een van die ander Juffrouens vir hom gesê het dat hy boetjie sy oë moet oopmaak en kyk wat voor hom is. Van daar af is het dinge so gemaklik verloop en het ons dadelik geweet ons is vir mekaar bedoel. ‘n Jaar later is ons getroud, wat ‘n groot voorreg is dit nie.



Spesiale oomblik van troudag: Ons troudag was presies en ook soveel meer as waarvoor ons ooit kon droom. Alles was regtig net perfek en het seepglad verloop. Al die mense wat só spesiaal vir ons is kon ons spesiale dag en naweek saam ons deel en vier. Dit was ‘n behoorlike familie- en boeretroue gewees. Daar is al van die Vrydag af saam gekuier en gelag. Dit was regtig iets uit ‘n sprokie uit wat ons vir altyd sal koester.



Onthaalplek: Florence Guest Farm



Dorp/Stad: Chrissiesmeer



Beskryf die troue in drie woorde: Plesierig, Familie, Geseënd



Troudatum: 27/04/2024



Fotograaf: Mighty Fine


Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media