Bruid: Lurine van den Heever
Bruidegom: Jacques van den Heever
Liefdesverhaal: Ons het ontmoet in Januarie 2021, so 4 dae voor ons as “blind dates” na n troue toe gegaan het, by dieselfde onthaalplek waar ons op 18 November 2023 getroud is.
Ons het in 2022 meer tyd begin saam spandeer en so het ons liefde gegroei. Ons het geweet ons wil die res van ons lewens saam spandeer.
Op 3 Januarie 2023 het ons verloof geraak by een van ons gunsteling plekke en die beplanning vir ons groot dag het begin.
Ons troue was op 18 November 2023.
Jacques is my beste vriend en my sielsgenoot en die man vir wie ek so lank gebid het en ek sien uit vir nog baie spesiale tye saam met hom.
Spesiale oomblik van troudag: Daardie oomblik toe die deur van die kerk oopgaan en ek sien vir Jacques daar voor in die kerk vir my wag. Daar het n rustigheid oor my gekom en ek kon nie wag om die res van ons lewens saam te begin nie.
Dit was ook so spesiaal om ons liefde saam met ons naaste mense te vier.
Onthaalplek: Oranje Gasteplaas
Dorp/Stad: Clarens
Beskryf die troue in drie woorde: Spesiaal, Ongelooflik, Pret
Troudatum: 18/11/2023
Fotograaf: Leani Photography