Macha Combrinck



Bruid: Macha Combrinck



Bruidegom: Henri Combrinck



Liefdesverhaal: Ek en my man het mekaar ontmoet by my neef se 21ste verjaarsdag maar het eers jare daarna mekaar in Stellenbosch gevind toe hy by dieselfde neef kom kuier het. Ek en my neef het in dieselfde kompleks gebly, en my man het kom kuier vir Vensters. Vir langer as ñ jaar het ons ñ lang afstand verhouding gehaad, ek was in Stellenbosch en hy in Pretoria. My ma was gediagnoseer met kanker en a.g.v daarvan het ek besluit om nader te trek sodat ek my ouers op ñ meer gereelde basis kon sien. Jare het verby gegaan en só het ons besef ons wil veraltyd bymekaar wees.



Spesiale oomblik van troudag: Die spesiaalste oomblikke was toe my twee broers en pa my vir die eerste keer gesien het. Ek het ook dinge anders gedoen en al drie van hulle het my by die kansel afgestap en my aan my man weg gegee.



Onthaalplek: Whispering Thorns



Dorp/Stad: Witrovier



Beskryf die troue in drie woorde: Elegant, Kleurvol, Uniek



Troudatum: 02/03/2024



Fotograaf: Jacques van Wyk ( Jac & Co.)



Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media