Madél du Toit



Bruid: Madél du Toit



Bruidegom: Danie du Toit



Liefdesverhaal: Jare na Universiteit waar ek en Danie mekaar ontmoet het, het ons paaie weer gekruis een aand by ‘n werksfunksie in die Kaap. Ons het mekaar dadelik herken en die aand behoorlik om gesels. Daardie aand het ek geweet dat dinge vir altyd gaan verander. Alhoewel beide van ons baie moes reis vir werk, het ons kontak behou en met groot opwinding uitgesien na elke ontmoeting wat daarna gevolg het. Dit was die gevoel van ware liefde wat nie een van ons kon miskyk of ignoreer nie en vir ons vriende was ons die perfekte pasmaats, maar ons het gekies om teen ons eie pas mekaar eers beter te keer ken. 2 Jaar nadat Danie my uitgevra het, het hy my gevra om te trou by hul familie strandhuis…sy gunsteling plek as kind. Ons liefdesverhaal is die perfekte voorbeeld van hoe alles op die regte tyd gebeur.



Spesiale oomblik van troudag: Ons buite seremonie het met 30 minute uitgereen, maar toe ons wel kon begin, het daar ‘n rustigheid oor als gedaal. Al moes ek met my sluier op ‘n nat sement paadjie aanloop na die kansel, was al wat ek raakgesien het die emosie en trane op Danie se gesig. My trane het ook geloop. Toe die sonstraal deur die wolke skyn op ons nadat ons trou aan mekaar beloof het was dit die perfekte seening van bo.



Onthaalplek: Kleinevalleij Estate



Dorp/Stad: Wellington



Beskryf die troue in drie woorde: Heilig, Elegant, Emosioneel



Troudatum: 02/09/2023



Fotograaf: Aglow Photography



Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media