Marette Meyer



Bruid: Marette Meyer



Bruidegom: Martin Meyer



Liefdesverhaal: Ons glo en hoop in die liefde is so groot dat ons aanhou soek het tot ons mekaar ontmoet het, dit het vereis om die meer moderne roetes ook te probeer en uiteindelik het ons op Bumble ontmoet. Martin het op daardie stadium in Durban gebly en ons het ons verhouding op ‘n langafstand aangepak. Baie vlugte, lughawe trane as ons moes groot maar ook baie opgewondenheid vir die volgende kuier. Na so 8 maande, het Martin ‘n geleentheid gekry het om in Johannesburg te kom werk en dit was die einde van ons langafstand. En hier begin ons jaar van 3’s, ons raak verloof op 1 Maart 2023 na 13 maande saam; in 2023 het Marette 30 geword en Martin 33;Marette se verloofring is ‘n 3 steen ring wat die trilogie simboliseer tussen Martin,Marette en die Here en op 2 September 2023 word ons die 3 M’e-M&M Meyer



Spesiale oomblik van troudag: Martin se huistaal is Duits en Marette s’n Afrikaans. Dit was vir ons baie belangrik dat die troue eg is aan wie ons is en daarom het alles ‘n afrikaanse en Duitse aanslag gehad -van lofprysing in die kerk tot met die viering as ons glasies geklink het met heildronke-Prost. Sommer deurmekaar Afrikaans en Duits. En kan die Duitsers sing.



Onthaalplek: Mooibosch



Dorp/Stad: Pretoria



Beskryf die troue in drie woorde: Eg, Lag, Lief



Troudatum: 02/09/2023



Fotograaf: Salt Photography



Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media