Bruid: Mari Els
Bruidegom: Christoff Els
Liefdesverhaal: 2012 kruis my en Mari se paaie vir die eerste keer, ons is saam in GR8 en dadelik vang sy my oog. In 2014 trek hulle en ek dink my kanse is daarmee heen, tog hou ek aan om vir haar geluk te wens met haar verjaarsdag en sy vir my. In 2018 is ons tweede jaar van universiteit, ek op Potch en Mari op Stellenbosch, uiteindelik begin ons oor en weer te kuier. Vir 6 maande is ons “pen friends” waar Mari au pair in Switzerland en met haar terugkoms vra ek haar uit. Intussen kry ek werk in die Laeveld en Mari in die Paarl. Ons ry die land plat om mekaar te sien. Na 2 jaar beland ons albei in Kimberley.
‘n Veldgids vertel my: Wanneer jy ‘n troupandveer optel, jy dit vir jou pasmaat moet gee en haar hand vra. Met my laaste uitstappie in die laeveld sien ek die koningsblou veertjie in die gras lê…
Spesiale oomblik van troudag: Die oggend voor die troue het ons saam koffie gedrink en eintlik net die oomblik ingeneem. Alles tot en met die seremonie het vinnig verby gegaan. Ons was 30 mense op die troue en het om een lang tafel gesit en die aand saam gekuier. Dit was presies wat ons droom was vir ons troudag. Ons hele familie om een tafel op ‘n koue wintersaand.
Onthaalplek: Osborne Manor
Dorp/Stad: Kimberley
Beskryf die troue in drie woorde: Intiem, Warm, Familie
Troudatum: 08/07/2023
Fotograaf: Conrad Bornman en Willem Van der Berg