Marné de Klerk



Bruid: Marné de Klerk



Bruidegom: Sebastian de Klerk



Liefdesverhaal: ‘n Plaasmeisie wat in die mooie Garden Route groot geword het, het haar hart verloor op ‘n Bloubul rugbyspeler van Pretoria.
Marné was in haar finale jaar van haar BPharm graad in Potchefstroom toe sy genooi word vir ‘n “koffie” om Sebastian te ontmoet. Sy onthou hoe hy voor sy kar gewag het met ‘n bos rose en ‘n stoute glimlag wat 4 jaar later steeds haar hart vinniger laat klop.
Tussendeur die swottings en rugby het hulle deur die genade van die Here net nader aan mekaar gegroei.
2023 kon hul uiteindelik die langafstand verhouding groet en hul lewe saam begin in Pretoria. Op 15 April 2023 sak Sebastian op sy knie en vra Marné om ewigheid saam aan te pak in haar gunsteling vakansie dorpie, Jongensfontein. 3 Februarie 2024 breek aan en die de Klerks kan uiteindelik die JA-woord sê!



Spesiale oomblik van troudag: Die seremonie in Seeplaas se spierwit kapel was vir ons baie spesiaal en beslis die hoogtepunt van ons dag. Om ons huweliksbeloftes aan mekaar voor te lees en elke woord nie net aan mekaar te beloof nie, maar ook aan ons Vader wat die huwelik moontlik maak, was vir ons ‘n onthou-oomblik wat ons vir altyd sal koester.



Onthaalplek: Seeplaas



Dorp/Stad: Groot Brakrivier



Beskryf die troue in drie woorde: ALLES, EN, MEER!



Troudatum: 03/02/2024



Fotograaf: LORA Photography



Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media