Martelle du Toit



Bruid: Martelle du Toit



Bruidegom: Wilco du Toit



Liefdesverhaal: Tydens Wilco se klerkskap as kandidaatprokureur het een van sy kollegas hom probeer voorstel, wetend dat Martelle ouer is en dat hulle 2 goed sal pas. Die oomblik was te groot vir Wilco, aangesien hy net R 6000 ‘n maand verdien het. ‘n Jaar later, met ‘n groter salaris van R 12 000 ‘n maand, het hulle toevallig en onverwags ontmoet. Hulle was onmiddelik smoorverlief. Hul eerste afspraak was nie die beplande uiteet nie, maar ‘n benoude oproep om ‘n skerpioen in Martelle se woonstel te vang. Die skerpioen het egter spoorloos verdwyn, maar Wilco het behoue gebly. Martelle het sy hart gesteel toe sy hom verras met ‘n sjokolade bruin labrador, Pieter-hond. Wilco het wel so ‘n bietjie lank gevat om die ja-woord te vra (4 jaar), maar uiteindelik Desember 2022 het hy die knieg gebuig.



Spesiale oomblik van troudag: Die eerste dans as getroudes op die liedjie “At last” deur Etta James was besonders spesiaal aangesien dit simbolies was van hul liefdesverhaal en was ook voltrek toe ‘n skerpioen uiteindelik in die huis gevind is na hulle troue.



Onthaalplek: Beaurain



Dorp/Stad: Heidelberg, Gauteng



Beskryf die troue in drie woorde: Minimalisties, Aards, Kontemporêr



Troudatum: 25/11/2023



Fotograaf: Nina Buys Photography



Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media