Bruid: May-Mari Rousseau
Bruidegom: Warren Rousseau
Liefdesverhaal: Tegnologie het ons bymekaar gebring toe ons tydens Covid in ʼn aanlyn-boekklub ontmoet. Ons paaie was nog nie bestem om in persoon te kruis nie, maar op 28 Februarie 2022 skop ons reis niksvermoedend af met ʼn doodonskuldige video-oproep oor 800 km (hy was in Bloemfontein, ek in Rheebok). Wat ons gedink het ‘n vinnige opvangsessie gaan wees, verander toe in ‘n 3-uur lange begin van vir ewig.
Vir die volgende 4 maande het ons albei lig getrap – twee geswore alleenlopers, versigtig om té optimisties te wees en lugkastele te bou, bang vir nog teleurstelling.
Uiteindelik het elke tong-in-die-kies boodskap gelei tot ‘n ontmoeting tussen twee mense wat lankal bestem was om vir altyd te wees – die res ‘n sprokie wat soos ‘n Disney storieboek lees. Meer perfek kon ons nie van gedroom het nie.
Spesiale oomblik van troudag: Ons het trou beloof onder ʼn wilgerboom in ‘n roostuin met ons gaste rondom ons. Die seremonie het gefokus op Geloftedag – die gelofte wat ons en almal saam met ons aflê vir ons huweliksreis vorentoe.
Elke klein detail, elke traan en lag, elke dans, elke oomblik wat ek en Warren oogkontak gemaak het – van begin tot einde was die liefde tasbaar en een groot hoogtepunt wat die dag oorheers het.
Onthaalplek: Roodekloof Boutique Guest Farm and Wedding Venue
Dorp/Stad: Burgersdorp
Beskryf die troue in drie woorde: Onvergeetlik, Sprokiesverhaal, Legendaries
Troudatum: 16/12/2023
Fotograaf: August Photography