Bruid: Melissa Combrinck
Bruidegom: Gerdus Combrinck
Liefdesverhaal: Ons het mekaar begin 2021 in Balito ontmoet , van die eerste oomblik van ontmoeting was daar waarlik net iets besonders gewees en n opgewondenheid met tog soveel kalmte van sparks tussen ons ongeag die realiteit van afstand tussen ons ( ek het tans toe in JHB gewoon en hy in Pongola KZN – 5ure uit mekaar ) maar afstand het verseker nie in ons pad gestaan nie .
2 jaar later en sak en pak die groot trek Pongola toe en vandag is ons nes lekker geskrop geseën met n pragtige seuntjie en baba dogtertjie van ons eie , soos n ware feëverhaal , ons grootste geskenk so direk uit God se hande – MEKAAR !
Spesiale oomblik van troudag: Ongetwyfeld die seremonie , dit was net onbeskryf , die Ds se preel en woord was so “profound” vir die grootste oomblik en belofte in n mens se lewe met die lekkerste en vredevolste gewete dat ONS IS VIR MEKAAR GESKAPE .
2de spesiale oomblik was ons eerste dans , ons liedjie , Mooi – Elvis Blue , daai woorde was nie net vir die oomblik nie maar n uitkyk op die res van ons lewe van toepasing.
Onthaalplek: Konka Rustenburg
Dorp/Stad: Magaliesburg
Beskryf die troue in drie woorde: Geesvullend, Joyfull, Makiti
Troudatum: 24/06/2023
Fotograaf: Tales of lights