Michaéla Fourie




Bruid: Michaéla Fourie



Bruidegom: Pieter Fourie



Liefdesverhaal: Soos die beste liefdesverhale, het ons sin onverwags begin. Ek & Pieter het op universiteit ontmoet, albei vasberade om nie liefde te soek nie. n Stadsmeisie van Johannesburg & n plaasseun van Prieska se padjies gekruis in die Rosestad, & dít was astware n onbeplande, stroopsoet affêre. Ons ontmoetings was eers perongeluk maar het vinnig doelbewus geraak. Ek het gereeld so skelm soos ek kon in my geel Clio, oor die lang, stofpaaie na Pieter gereis op die plaas. Elke besoek ‘n avontuur, vol stoute glimlagte en heimlike ontmoetings. 3.5 jaar later het ons verloof geraak op die 16de vloer van n hotel in Pretoria, omring deur ons familie en vriende. Ons troue, op die 13de Mei 2023, was ‘n betowering in wit– minimalisties & tydloos. Elke aspek van ons storie is deurweef met passie & opwinding.



Spesiale oomblik van troudag: Na ons seremonie en almal die kapel verlaat het, het ons besluit om saam te bid en Nagmaal te geniet. Alhoewel iemand perongeluk ons Nagmaal koekies opgeëet het, was die oomblik diep en die Heilige Gees tasbaar. Ons het beide mekaar verras met tweede uitrustings tydens n spesiale onthulling in die bruidskamer met net mekaar, die fotograwe en ontwerper.



Onthaalplek: Artelier



Dorp/Stad: Hartbeespoort



Beskryf die troue in drie woorde: Tydloos, Godgegewe, Feestelik



Troudatum: 13/05/2023



Fotograaf: Danelle Stofberg Photography



Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media