Bruid: Michelle Maritz
Bruidegom: Neil Maritz
Liefdesverhaal: Na 10 jaar van professionele rugby bevind Neil homself terug in sy tuisdorp, Villiersdorp. Dié dorpie waar ‘n onderwyseres van Bloemfontein saam met sy ma op die personeel is. Met twee ouma’s aan weerskante wat kliphard gebid het vir ons om ons lewensmaats te ontmoet, het ons paaie gekruis by ‘n skoolfunksie. Kort daarna het ons opwindende avontuur saam begin.
Spesiale oomblik van troudag: Die stap in die ‘ilse’ af was dié grootste oomblik. Om mekaar vir die eerste keer te sien en te besef dat ons spesiale dag hier is. Die dag waarna ons al so lank uitsien! Ek was bevoorreg dat my vêr swanger sussie my grimering kon doen en soos ‘n ware bruid laat voel het. Alles waarvan ons kon droom en meer! ‘n Feesmaal saam met familie, 1 ouma en vriende, gevolg deur dans en lag tot na middernag.
Onthaalplek: Dennehof Plaas
Dorp/Stad: Villiersdorp
Beskryf die troue in drie woorde: Onvergeetlik, Feestelik, PERFEK
Troudatum: 13/01/2024
Fotograaf: Jack and Jane