


Bruid: Minette Bierman
Bruidegom: Marius Bierman
Liefdesverhaal: Ek en Marius het ontmoet 2018 en daar het die sprokiesverhaal begin. Ons was saam vir 5 jaar voor hy die groot vraag gevra het, op ‘n baie romantiese trip op die MSC Splendida. Ons het besluit om trou te beloof omrede ons die liefde in ons ervaar het vir mekaar en dit die res van ons lewe wil ervaar. Ek kon nie vir ‘n beter man kies nie.
Spesiale oomblik van troudag: Dit was vir my so spesiaal hoe emosioneel my man geword het. Die trane in sy oe was hoe ek sy liefde ervaar het. Die manier hoe hy vir my gekyk het, het my so spesiaal laat voel. Ek sal nooit vergeet hoe ek gevoel het nie. Om te weet dis my man nou en verewig en hoe lief ek hom sal he voorentoe en die res van ons lewe.
Onthaalplek: Kloofzich Lodge
Dorp/Stad: Muldersdrift
Beskryf die troue in drie woorde: Mooi, Goddelik, Liefde
Troudatum: 01/09/2023
Fotograaf: Lood Goosen Photography