Moné Mentz




Bruid: Moné Mentz



Bruidegom: Frans-Josef Mentz



Liefdesverhaal: Ons storie het begin met twee NWU studente en ‘n pikante koffiewinkel. ‘n Innoverende vriendin het ‘n koffie vir ons gereël op ‘n mooi somersmiddag in my derde en Frans-Josef se vierde jaar. Met die intrapslag was hierdie koffie later drie melkskommels en ‘n bord slaptjips en só is die koëel deur die kerk. Dit was die begin van ons avontuur vol opwinding. Tussen klasse, in die biblioteek en op die dakke van die kampus geboue het ons ure verwyl aan ons mooi storie met piekniek pakkies en gesmelte sjokolade stafies. Ons het verlore geraak in mekaar se lewenspaaie. Ons verhouding het die toets van afstand tussen Johannesburg en Potchefstroom deurstaan, toe Frans-Josef in Mei 2023 die groot vraag by ’n olifantpark in Harties gevra het. Op 8 Desember 2024 het ons ewig trou aan mekaar beloof.



Spesiale oomblik van troudag: Tussen die mengelmoes van emosies op ons troudag, het die weer ook ‘n mengelmoes geword en ons verras met ‘n reënbui van formaat. Die mooiste reënboog het verskyn en het ons na die dak van die onthaalsaal geneem, waar ons in die reën gedans het. Foto’s kon hierdie keer die sagte oomblikke van ons liefde vasvang en dit verewig.



Onthaalplek: Rolling Waters Country Estate



Dorp/Stad: Pretoria



Beskryf die troue in drie woorde: Elegant, Feestelik, Geseënd



Troudatum: 08/12/2023



Fotograaf: Focus and Capture Photography & Film


Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media