Monique Marais




Bruid: Monique Marais



Bruidegom: Awie Marais



Liefdesverhaal: Op 11 Februarie 2021 vertel een van Monique se vriendinne haar van die geleentheid om in te skryf en ‘n blind date te wen. Die vereistes: Jy moet ’n Christen wees, woon in Kaapstad en tussen die ouderdom van 24-31 wees.

3 Weke (en 2 ander blind dates) later het ‘n baie opgewonde Awie vir Monique gaan optel vir sy 3de blind date by Maastricht. Met hulle liefde vir sport was daar baie om oor te gesêls en soos die Engelsman sal sê, the rest is history… of amper, want Awie moes nog eers sy 4de blind date kanselleer.

Op 17 Februarie 2023 keer Monique & Awie terug na Maastricht om verloof te raak.

Ons albei kan nou met sekerheid sê dat ons saamstem met die volgende quotes:
“If you want something you never had, you’ve got to do something you’ve never done.” & “Third time lucky.”



Spesiale oomblik van troudag: Aan die einde van ons huweliksbevestiging het die pastoor albei ouerpare vorentoe gereop. Ons het in ‘n kringetjie saam gestaan sodat die ouerpare seën oor ons huwelik kon bid terwyl daar agtergond musiek gespeel het. Dit was ‘n vreeslike mooi en heilige oomblik wat ons altyd sal koester.



Onthaalplek: Eureka Estate



Dorp/Stad: Durbanville



Beskryf die troue in drie woorde: Elegant, Sprankelend, Geseënd



Troudatum: 10/02/2024



Fotograaf: Jané Ulla


Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media