Bruid: Monique Marx
Bruidegom: Brandon Marx
Liefdesverhaal: Ons verhaal het by ń braai begin! Waar dan anders. Dit was uit en uit liefde met die eerste oogopslag. Ons paaie het daarna net aanhou kruis, op die mees onverwagse plekke. Dit was net bedoel. Uiteindelik gebeur die eerste koffie-“date”, toe ń lekker “hike”. Van daar af, wel, die koeël was deur die kerk.
Spesiale oomblik van troudag: Die sonsak agter die Drakensberge wat deur die kapel se vensters aanskou kon word was soos iets vanuit ń storieboek.
Dit was net die berge en ons en ons naaste familie in die teenwoordig van die Here.
Propvol liefde en dankbaarheid.
Om vir ewig aan mekaar te beloof voor God en ons hartsmense was onbeskryflik en onvergeetlik.
Ons is ewig dankbaar vir die spesiale dag en sal dit altyd koester.
Onthaalplek: Cathedral Peak Hotel
Dorp/Stad: Drakensberg, Cathedral Peak
Beskryf die troue in drie woorde: Liefde, Natuurskoon, Prentjiemooi
Troudatum: 06/04/2023
Fotograaf: Echo Photography