


Bruid: Monique Swift
Bruidegom: Tienie Swift
Liefdesverhaal: Ons is beide laatlammetjies en ken mekaar ons hele lewe lank. Ons het altyd in die geheim stil-stil vir mekaar ogies gemaak, maar ons altwee was ewe skaam en het dit nooit aan mekaar erken nie. Tot Februarie 2022 wat ons mekaar weer vir die eerste keer in sewejaar gesien het, toe ons oë mekaar vind, het ons altwee daar en dan besef “ek het die EEN gekry!”. Die koeël was deur die kerk en van daar af was ons onafskeidbaar en geweet ons gaan die res van ons lewens saam wees. Ons liefde het ń minimum van 20 jaar gegroei, reg voor ons oë, sonder dat ons dit besef het, en het ons ń voorsprong teenoor ander paartjies. Van die eerste oomblik af het ons veilig bymekaar gevoel en alles het net in plek geval soos dit bepaal is.
Spesiale oomblik van troudag: Een van die spesiaalste oomblikke was, toe ek in die paadjie afgestap het op die liedjie wat spesiaal vir my Man geskryf was deur Riana Nel wat ons liefdesverhaal uitbeeld. Om die oomblik meer spesiaal te maak, het hy my amper gesoen toe ek aan die einde van die paadjie kom, nog voor ons as man en vrou verklaar is.
Onthaalplek: Murasie
Dorp/Stad: Baardskeerdersbos
Beskryf die troue in drie woorde: Asemrowend, Vervullend, Uniek
Troudatum: 14/10/2023
Fotograaf: Escada Photography & Videography




