Bruid: Monja Serdyn
Bruidegom: Johan Serdyn
Liefdesverhaal: 2017 was ek ‘n eerstejaar onderwysstudent wat vriendelik verplig was om na die Varsity Shield te gaan kyk, waarna ek nie baie uitgesien het nie.
Al die meisies (natuurlik Johan se Dolla ook) het net oë op nommer sewe gehad. Die hoop was groot, maar die geluk min. Hoe moeilik kan dit nou wees om ‘n persoon op kampus te vind? Wellington is ook net so groot. Drie jaar gaan verby en ek ontmoet Johan in Hartenbos. My en Johan se harte was bitter seer, want hy moes weer terug gaan Amerika toe. Tyd stap stadig aan en die jaar is op sy rug. Johan arriveer in Suid-Afrika en kom kuier in Huis Bliss se tuin. Hy vertel dat hy ook vir ‘n rukkie by CPUT geswot en rugby gespeel het. Twee en twee word bymekaar gesit. Johan was al die tyd die nommer sewe waarna ek gesoek het en die res is geskiedenis.
Spesiale oomblik van troudag: As ek dink aan ons troudag kom die woorde, “Ons liefde is on FIRE” by my op. Ek en Johan het op “Lay all your love on me” van Daniel Stock die saal betree en dis toe my ryker vlam vat. Die vonke het omtrent gespat! Beide ons oumas was die blommemeisies vir ons spesiale dag. Ons het geriel, los- en vasgedans tot die son opkom. Ek sal ons troudag virewig koester saam met die man van my drome.
Onthaalplek: Delsma Farm
Dorp/Stad: Riebeek-Kasteel
Beskryf die troue in drie woorde: Asemrowend, Geseënd, Uniek
Troudatum: 06/01/2024
Fotograaf: Ty & Eri Photography