Bruid: Natasha Bekker
Bruidegom: Herman Bekker
Liefdesverhaal: Ons het in 2017 by die Robertson Wacky Wine Fees ontmoet, maar Herman moes homself weer voorstel, want na vele bottels blush kon ons net ‘n vae gesprek onthou. Herman het ‘n roos vir die mooiste meisie by die fees beplan & my gevra of ek ‘n maatjie soek. Ek het met die roos geëindig, & hy het sy nommer op my foon gestoor om kontak te behou. Paar maande later, tydens ons eerste “official date” by GrandWest, het Herman ‘n “rosegold” seekat ring met sy Monopoly dollars gekoop en op een knie gesak. In Junie 2022 het Herman my met ‘n drive-in movie verras, die bakkie versier met fairylights, & ons eie fliek met ‘n “mysterious twist” geregisseer, waar hy my gevra het om te trou. Baie lag, liefde, & herinneringe later, is ons GETROUD!💍 Ek is bly hy kon moed bymekaar skraap om my weer te vra 😉.
Spesiale oomblik van troudag: Natasha: Toe ek langs my Pa in die woud trougang afgestap het na Herman toe, omring deur geliefdes. Later, in die hot tub, het ons oor die dag gesels terwyl Herman ons huwelik aan die Here toegewy het—’n kosbare herinnering wat ek altyd sal koester.
Herman: Om Natasha in die trougang af te sien stap, wetende dat sy binnekort my vrou sou wees, het my gevul met oorweldigende adrenalien en emosie.
Onthaalplek: De Uijlenes
Dorp/Stad: Gansbaai
Beskryf die troue in drie woorde: Spontaan, Betowerend, Liefdevol
Troudatum: 12/08/2023
Fotograaf: Arline Photography