Bruid: Nelise Olivier
Bruidegom: Nico Olivier
Liefdesverhaal: Ons liefdesverhaal het in 2021 begin tydens ‘n uitreik van die Kruiskerk Stellenbosch, ‘Atlete vir Christus’. Ons eerste ontmoeting was by ‘n koffie-afspraak wat deel was van die voorbereidingsaktiwiteite vir die uitreik. Teen die einde van daardie week het ek reeds geweet — hierdie is my trouman! Toe ek COVID-19 opdoen, het Nico my elke aand by my venster kom besoek en ons het ‘n goeie vriendskap ontwikkel. Hierdie vriendskap het in ‘n romantiese verhouding verander toe hy my op ‘n unieke manier vra om sy nooi te wees, met ‘n ‘fake’ Geocache plasing wat ek moes opspoor. ‘n Jaar en ‘n half later het hy my weer op ‘n kreatiewe manier gevra om te trou, hierdie keer met ‘n regte Geocache in Stellenbosch. Vandag lê daardie Geocache steeds daar, ‘n simbool van ons liefde en ons storie.
Spesiale oomblik van troudag: Die kerkseremonie was ongetwyfeld die hoogtepunt van ons dag. Nico se pa het, as dominee, die seremonie gelei en ons ouers het vorentoe gekom om ‘n seën oor ons huwelik uit te spreek. Iets wat ons nooit sal vergeet nie, is hoe ek, in my opgewondenheid, vir Nico gevra het om my te soen, nog voordat sy pa daardie deel van die seremonie bereik het!
Onthaalplek: Beyond the Moon
Dorp/Stad: Hoekwil
Beskryf die troue in drie woorde: Heilig, Pret, Feestig
Troudatum: 14/10/2023
Fotograaf: Zana’s Lens