Nerine Zeelie



Bruid: Nerine Zeelie



Bruidegom: Konrad Zeelie



Liefdesverhaal: Op 11 Desember 2020 het ons mekaar by ‘n troue ontmoet – minwetend dat ons liefdesstorie net daar sou begin.

Na ‘n paar draaie op die dansvloer het ek agtergekom dat ons albei op pad Hartenbos toe was vir vakansie.
Oukersaand het Konrad n klitser benodig en het hy voor ons deur gestop. Wat ‘n vinnige leen sou wees, het in lang kuieraand by ons gesin geëindig. Dit was die eerste van vele kuiers daai vakansie. Teen die einde van Desember het ons besef dat ons ‘n moontlike verhouding ‘n kans wil gee maar hy het in Kaapstad gewoon en ek in Krugersdorp.
Tussen safair, covid, selfone, afstandwerk en planne maak, het ek uiteindelik Kaap toe getrek sodat ons mekaar beter kan leer ken.

Op 16 Desember 2022 het ‘n gewone piekniek in ‘n droomdag verander met ons verlowing op Oubaai se houtdek.



Spesiale oomblik van troudag: Met die laaste klanke van my ma se klavierspel was ons as pasgetroudes in verwondering: alles was perfek. Die lekkerte van vars roosblare wat oor ons gegooi word, die marimba orkes wat langs die rivier opklink, gaste wat lag en gesels, koelte en sonkolle wat tussen die berge oor ons val, die smaakvolste canapés en drinkgoed wat bedien word en ‘n stille besef van Sy groot genade.



Onthaalplek: Olive Rock



Dorp/Stad: Wolseley



Beskryf die troue in drie woorde: Vreugdevol, Geseëend, Klassiek



Troudatum: 18/11/2023



Fotograaf: Cara Perold



Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media