Bruid: Nicole van Ieperen
Bruidegom: Willie van Ieperen
Liefdesverhaal: Dit het alles begin in Hoërskool Durbanville se gange, Februarie 2014. Ek was Graad 10 en Willie Matriek. Net buite my registerklas het Willie met ‘n skelm knipoog, my hart gesteel. Na ‘n paar maande van heen en weer geselsies het ons uiteindelik aan die einde van Willie se matriekvakansie op ons eerste koffie date gegaan. Dis ook op daardie dag wat Willie sy eerste soen gesteel het. Ons het mekaar weer na ‘n paar maande raakgeloop by Interskole. Ek het my 17de verjaarsdag ‘n maand daarna by my huis gevier waarvan Willie ook deel was. Drie maande later, tydens die Desember vakansie, het Wille op Nuwejaar in Victoria Baai vir my gevra om sy meisie te wees. Ons het lieflike ervaringe gedeel, soos om saam oorsee te gaan. Ons liefde het gegroei en is op 9 April 2022 verloof in ons tuisdorp.
Spesiale oomblik van troudag: Die oggend van ons troudag het dit geweldig baie gereën. ‘n Uur voor ek by die kansel moes afloop het die reën opgeklaar en alles was net so fris, vars en prentjiemooi. Ons het albei ons eie “vows” vir mekaar geskryf en dit onder die groot akkerbome voorgelees. Ons kon God se teenwoordigheid deur alles ervaar. Ons het ook die voorreg gehad om Willie se oupa se kar, Eva as ons troukar te gebruik.
Onthaalplek: Die Woud
Dorp/Stad: Caledon
Beskryf die troue in drie woorde: sprokie, liefdevol, feestelik
Troudatum: 11/03/2023
Fotograaf: Danelle Stofberg