


Bruid: Nicolene Sanders
Bruidegom: Shaun Sanders
Liefdesverhaal: Ons liefdesstorie het lank terug begin, ons het dit net nie besef tot in ons vroeë twintigs. Ons was ons hele skoolloopbaan saam, maar net as kennisse.
Ons verjaarsdae is 2 dae uit mekaar uit-ons noem dit “soul babies”
Ons het in 2014 begin gesels, kort daarna is ons op ons eerste afspraak na die flieks toe, wat toe nooit gebeur het agv “load shedding”. Ek dink ons was die eerste paartjie wat dankbaar was vir “load shedding”, want daarna het ons by n restaurant gaan sit en die heel nag deur gesels. Dis waar ons albei besef het hier kan iets spesiaals van kom. Na daardie aand het ek gaan bid en die Here gevra dat as Shaun my man is, dat Hy vir my n teken sal stuur. Die volgende dag loop Shaun in die huis is,sy mal-self en ek het net butterflies gekry! Geweet dit is my teken van die Here af
Spesiale oomblik van troudag: Vir my:Toe ek in die kerk afstap en hom daar sien, en weet dat dit die man is waarmee die Here my seën, die man waarvoor ek so lank gebid het! Vir hom: Toe die Dominee ons as huwelik seën as man en vrou!
Onthaalplek: Red Ivory
Dorp/Stad: Hartbeespoort
Beskryf die troue in drie woorde: Verlief, Dankbaar, Opwindend
Troudatum: 01/07/2023
Fotograaf: Jack&Co