Renette Barnard



Bruid: Renette Barnard



Bruidegom: Danie Barnard



Liefdesverhaal: Dit was ‘n doodgewone Sondag middag waar koffie drink en laat middag kuiertjies van familie en vriende verwelkom word. My suster se verloofde het een van sy vriende saamgebring vir koffie en dis op daardie oomblik wat ek en Danie begin gesels het en ons langafstand verhouding van 2 jaar afgeskop het (2020). In November 2022 op ‘n windverwaaide vrydagaand het Danie my op die strand in Yzerfontein gevra om te trou, tussen uitgepakte liggies en die wind wat my blye trane droog waai. Na baie op en af ry en km op ons voertuie het ek van Kaapstad af George toe getrek. Ons het saam troue beplan en 7 Oktober 2023 man en vrou geword.



Spesiale oomblik van troudag: Die wonderlikste deel was om beide ons ouers aan ons sye te kon hê terwyl ons vir altyd trou aan mekaar beloof. My gunstelinge, was die strooi van roosblaar konfetti in die kerk, omdat dit vreeslik gereën het buite, my eerste dans met my Pa as getroude vrou, my eerste dans met my man as sy vrou. Ons eie heildronke aan ons ouers was baie spesiaal. ‘N elegante troudag vol liefde sprokie en nostalgie



Onthaalplek: Louvain Gasteplaas



Dorp/Stad: Herold



Beskryf die troue in drie woorde: Besonders, Sprokiemooi, Hartroerend



Troudatum: 07/10/2023



Fotograaf: Anine Koch



Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media