ROUA DU PREEZ



Bruid: ROUA DU PREEZ



Bruidegom: WERNER DU PREEZ



Liefdesverhaal: Ons het in die kombuis by die werk ontmoet en was nie dadelik vriende nie. Oor die volgende 18 maande, begin ons meer gesels; veral toe ons die kantoor se Covid-strategie moes skryf. Toe die inperking stop, spandeer ons tyd buite die kantoor saam. Ons besluit om saam in Des 2020 Drakensberge toe te gaan, en geniet in Des 2021 ons eerste “date”. 2 weke ná die “date”, vra Werner vir Roüa: “Ons?”. Kort ná twaalf daai aand, vra Werner my om sy meisie te wees. En so wag ek op die groot vraag! Ná ‘n wonderlike vakansie saam my gesin in Kaap st. Francis in Des 2022 kom ek wel ringloos terug Gauteng toe. Op 15 Jan 2023, hou ons piekniek. Ná ‘n video waarin Werner wys hoe hy ouers in Kaap st. Francis gevra het, saam met die perfekte brief en ring, volg die groot vraag.



Spesiale oomblik van troudag: Die oomblik wat Werner in trane uitgebars het toe hy Roüa sien na hom gestap kom.

Ons Bybelstudie die oggend saam voor ons troue (agter ‘n toedeur sodat ons mekaar nie te kan sien).

Ons baie spesiale en persoonlike beloftes aanmekaar.

Dat ons saam nagmaal gebruik het tydens die seremonie.

Net hoe lekker almal saam gekuier het die res van die aand.



Onthaalplek: HARMONIE PROTEAS



Dorp/Stad: CULLINAN



Beskryf die troue in drie woorde: SPROKIE, DROOM, PRETTIG



Troudatum: 26/08/2023



Fotograaf: THAT OTHER COUPLE



Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media