Sanel Du Preez



Bruid: Sanel Du Preez



Bruidegom: Zander Du Preez



Liefdesverhaal: Ons het ontmoet 10 jaar terug by n partytjie. Dit was vir eers net geselsies en “dates” en n baie goeie vriendskap vir 2 jaar. Ons het mekaar op maniere leer ken wat ons toe laat besef het ons is eintlik meer as net vriende.
Dit het toe n realiteit geword en ons het heen en weer gekuier en al hoe meer verlief geraak.
Na 7 jaar van n wonderlike verhouding het ons besluit om dit offisieel te maak. Dit was die maklikeste ja ooit.
Ons het dadelik aan die werk gespring en ons droomtroue beplan. Lace on Timber was natuurlik ons eerste keuse. Dit was definitief ons sprokietroue, elke oomblik was spesiaal.



Spesiale oomblik van troudag: Ons eerste dans, was absoluut n hoogtepunt in ons troue.
Die Pa en Dogter dans was bietjie anders as traditioneel. Ons het n lekker dans geoefen om ons gaste te verras.
Vir almal wat my ken weet ek is n groot “ABBA” fan, dus het my ma en my 2 sussies my verras met n Super Trooper dans en dit was die beste dans ooit



Onthaalplek: Lace on Timber



Dorp/Stad: Pretoria



Beskryf die troue in drie woorde: Kleurvol, Elegant, Liefdevol



Troudatum: 04/11/2023



Fotograaf: Adelhied



Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media