Sarie Maritz



Bruid: Sarie Maritz



Bruidegom: Martin Maritz



Liefdesverhaal: Ons storie begin 50 jaar voor ons troue.
1972 – Daar kom ‘n nuwe seun in matriek by die Hoërskool Ben Vorster, Tzaneen. Hy sien dadelik die kort bruinoognooi in sy nuwe klas raak en SY “voel” hoe die nuwe seun se oë haar gedurig volg. Kort voor lank vra hy of hy maar haar skooltas mag dra en die gort was gaar.
Maande lank word pouses handjies gehou, diep in mekaar se oë gekyk, dra hy vir haar sjokolade aan, en kom haal hy haar skooltas soggens by die koshuis.
Ongelukkig was die jeugliefde van korte duur want weens omstandigdhede het hulle paadjies na matriek uitmekaar gedryf en het hul GEEN kontak met mekaar behou nie.
2022 – 50 jaar reünie, en met sy eerste woorde aan haar het sy besef: Hy’t my ook nog nooit vergeet nie!
Sy woorde? “Die mooiste meisie in die skool…”



Spesiale oomblik van troudag: Martin sou aanvanklik nie ‘n trouring hê nie uit die aard van sy werk. Hy verras my toe egter deur wel in die geheim ‘n trouring te koop. Ek het dit nie verwag waar dit oop en bloot daar op die kusssinkie lê nie. My verbaasde gesigsuitdrukking was vir Martin klassiek en sy mees spesiale oomblik van ons troudag en die vreugde in my hart oor hierdie besluit van hom…. my spesiale oomblik.



Onthaalplek: La Rive Hotel



Dorp/Stad: Vaalwater



Beskryf die troue in drie woorde: Lekkerste, Troue, Ooit!



Troudatum: 17/06/2023



Fotograaf: Ebie Joubert



Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media