Sasha-Lee Lambrechts



Bruid: Sasha-Lee Lambrechts



Bruidegom: Manfred Lambrechts



Liefdesverhaal: Ons het mekaar in 2017 ontmoet in Manfred se tuisdorp, De Aar. Ek moes daardie jaar my aptekersgemeenskapsjaar voltooi en vyf dorpe kies waarvan De Aar my laaste keuse was. Ek was vreeslik teleurgesteld toe ek hoor ek gaan daar werk. Halfpad deur die jaar ontmoet ek die man van my drome deur kollegas. Ons het dadelik begin gesels en besef hierdie is iets spesiaals. Einde 2017 het Manfred gevra of ek nie maar in De Aar wil agterbly nie. ‘n Bewys dat die mooiste liefdestories geskryf word wanneer jy dit die minste verwag. In Desember 2021, saam met ons ouers, op ‘n seiljag op die Knysnameer het hy my verras met ‘n pragtige verloofring en die ja-woord gevra.



Spesiale oomblik van troudag: Sekondes voor die belangrikste deel van die dag aanbreek lui die klokke van die onthaalplek drie keer. Die liedjie waarop ek en my pa instap begin speel (You are the reason van Calum Scott – viool weergawe). Toe ons mekaar vir die eerste keer sien was dit ongelooflik spesiaal en die kersie op die koek was toe my toekomstige man ‘n traantjie pik.



Onthaalplek: Bona Dea



Dorp/Stad: Hermanus



Beskryf die troue in drie woorde: Eufories, Tydloos, Idillies



Troudatum: 08/04/2023



Fotograaf: Dataan Productions



Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media