Bruid: Savannah Conradie
Bruidegom: Eduard Conradie
Liefdesverhaal: Ons het in Julie 2021 ontmoet toe Eddie vir my n lift gee in Sarie (sy 1997 Toyota 2.4d) na n vriend se 21ste op Ladismith. Ons mutual vriendin het gereel dat ons van Robertson af saam ry. Die begin van die route was baie styf tot die ys gebreek was toe een van my hare na sy kant toe vlieg na die oop venster. Ek sien toe die haar en probeer dit vang in die lig. Eddie se toe: “Hey jy kan net vra as jy aan my been wil vat”. Ek wou onder my sitplek inklim van skaam kry. Ons het n week later vir mekaar gese ons weet ons gaan met mekaar trou. Van daar af was dit n pragtige pad van avonture, liefde, en baie spontaan wees. Ons gunsteling tyd saam was om ons koffie en stofie in te pak en iewers in Sarie te ry om n koffie iewers te geniet in natuur. Ons het toe die 1ste April 2023 getrou!!!
Spesiale oomblik van troudag: -Voor die troue het ons saam koffie gedrink en gebid by die venue voor ons die laaste goedjies by die venue reg gekry het.
-Ons het alles self gemaak (tot die stoele van hout stompe) en by n kampterein getrou. Ons families het almal so mooi gehelp om ons droom waar te maak. Dit was prentjie mooi!
-Eddie se Pa het ons getrou en dit was n baie spesiale aan wins aan die dag.
Onthaalplek: Robertson kampterein
Dorp/Stad: Robertson
Beskryf die troue in drie woorde: Intiem, Christ-centred, Lekker-kuier
Troudatum: 01/04/2023
Fotograaf: Monique Mangiagalli