Bruid: Shané Swanepoel
Bruidegom: Hano Swanepoel
Liefdesverhaal: Ons het vir die eerste keer paaie gekruis op 11 Mei 2019. My broer, Tristan,het in 2017 by die “French Foreign Legion” aangesluit in Frankryk,en Hano was twee jaar voor Tristan reeds deel daarvan. Hul kameraadskap het vinnig gegroei. In 2019 het’n paar Legionnaires bymekaargekom, en Hano, het my oog gevang. Hano se tyd in Suid-Afrika was beperk en het my genooi om vir hom op hul plaas in Limpopo te gaan kuier. Sewe dae later, op die plaas, te midde van flikkerende kerse,’n piekniekmandjie,onder helder sterre en koue sjampanje,het Hano my gevra om sy meisie te wees.Vir twee jaar het ons die uitdagings van’n langafstandverhouding oorbrug, en mekaar in elke stap van die pad ontdek en saam gegroei het.In Desember 2021 het ons in Mosambiek gaan vakansie hou en waar hy die groot vraag gevra het.
Spesiale oomblik van troudag: Hano het vir my die mooiste boodskap gestuur: “Neem ‘n oomblik, haal asem, en kyk rond, alles sal reg verloop soos dit moet, ek is lief vir jou.” My ma het my hare vir die troue gedoen. Ek het vergeet hoe om te loop toe ek en my pa “down the aisle” moes afstap. My oom was in ICU maar het homself uitgebook om die troue by te woon. Verder,ons fotograwe,het my met elke skoot herinner om asem te haal.
Onthaalplek: The Lakeside – Weddings & Events
Dorp/Stad: Tierpoort
Beskryf die troue in drie woorde: Romanties, Betowerend, Vreugdevol
Troudatum: 19/08/2023
Fotograaf: Barclay Studios