Bruid: Simone van Wyk
Bruidegom: Jaco van Wyk
Liefdesverhaal: Ons het eintlik op die skepe ontmoet in 2016, maar ek kan nie onthou dat ons ontmoet het nie (haha) maar in 2019 het ek soos Dwayne ‘The Rock’ Johnson aan getrek vir ‘n partytjie, hy het die foto gesien en my dadelik ge boodskap, na dit kon ons nie ophou gesels nie.
Spesiale oomblik van troudag: My pa is in 2002 oorlede, ek het Jaco het op my pa se gunsteling liedtjie gedans. Ons troue was vrek klein, net ons familie was daar, my skoon ma en ma het vir my die mooiste boek gemaak met resepte en stories van my lewe. Die hele dag was erg spesiaal, kan nie net een oomblik kies nie.
Onthaalplek: Ons huisie in die berg.
Dorp/Stad: Suurbraak, Swellendam.
Beskryf die troue in drie woorde: Uniek, Romanties, Eufories
Troudatum: 03/08/2024
Fotograaf: Nicole Liebenberg